On Air Night Flight | Midnight - 6:00am

Afrikaans

Afrikaanse Vertaling

WAARVOOR IS DIE VERKIESING?

Dit is om die 24 lede van die House of Keys te verkies wat ‘n gedeelte van die Isle of Man se parliament opmaak.

Verkiesingsdag is Donderdag 23ste September 2021.

WIE MAG STEM?

Jy kan stem in die Algemene Verkiesing as jy ten minste 16 is en in die Isle of Man gewoon het in die voorafgaande 12 maande.

HOE KAN EK SEKER MAAK EK KAN STEM?

Jy moet geregistreer wees om te stem.  Die laaste datum wat jy dit kan doen is Donderdag 2de September 2121.

HOE KAN EK REGISTREER OM TE STEM?

Jy moet gaan na hierdie webblad

https://services.gov.im/electoral-register

POSSTEMME

Jy kan stem per pos as jy nie op die Eiland gaan wees op Verkiesingsdag nie of as dit meer gerieflik is vir jou.

Jy moet die aansoekvorm wat nader die tyd beskikibaar gaan wees aflaai en voltooi.

POSSTEM DATUMS

Wanneer jy jou posstembrief pakket kry, sal dit kom met ‘n voorafbetaalde koevert.

Die posstembrief vorms moet voltooi en teruggestuur word in die voorafbetaalde koevert betyds om ontvang te word deur die relevante kiesafdeling beampte teen 5nm op Woensdag 22 September – die dag voor die verkiesing.

As jy nie jou stem betyds instuur nie, en jy is in die Isle of Man op Verkiesing Dag, mag jy jou stem neem na die aangewese stemlokaal.